Teen die reëls

· Pan Macmillan South africa
5.0
1 review
Ebook
192
Pages
Eligible

About this ebook

Nou vir die eerste keer in Afrikaans, ’n verwerking van Born a Crime and Other Stories – die Suid-Afrikaanse en New York Times-#1-topverkoper.
“As my ma een doel voor oë gehad het, was dit om my verstand te bevry. My ma het soos ’n grootmens met my gepraat. Sy het gedurig vir my stories vertel, vir my lesse geleer, veral lesse uit die Bybel. Sy was mal oor Psalms. Ek moes elke dag Psalms lees. Sy het my agterna gepeper met vrae daaroor. ‘Wat beteken daardie gedeelte? Wat beteken dit vir jou? Hoe kan jy dit in jou lewe toepas?’ So het dit elke dag van my lewe gegaan. My ma het gedoen wat die skool nie kon doen nie. Sy het my geleer hoe om te dink.”
Trevor Noah het in Suid-Afrika grootgeword met ’n swart Suid-Afrikaanse ma en ’n wit Switserse pa – in ’n tyd toe dit teen die wet was vir ’n kind van gemengde rasse om te bestaan. Maar Trevor het bestaan.
In Teen die reëls vertel hy van sy grootwordjare. Die stories wat hy in dié boek vertel, sal jou laat lag, huil en jou vol verwondering en inspirasie laat, terwyl jy dié ondeunde seuntjie met sy vlymskerp brein en humorsin leer ken. Teen alle verwagtinge in, en danksy sy ma se onfeilbare liefde en geloof in hom, het Trevor hope struikelblokke oorkom om vir hom ’n belowende toekoms te skep.

Ratings and reviews

5.0
1 review
Unknown
April 26, 2024
❤️ it
Did you find this helpful?

About the author

TREVOR NOAH is ’n geliefde komediant wat regoor die wêreld bekend is, onder meer as voormalige aanbieder van The Daily Show op Amerikaanse televisie.

Rate this ebook

Tell us what you think.

Reading information

Smartphones and tablets
Install the Google Play Books app for Android and iPad/iPhone. It syncs automatically with your account and allows you to read online or offline wherever you are.
Laptops and computers
You can listen to audiobooks purchased on Google Play using your computer's web browser.
eReaders and other devices
To read on e-ink devices like Kobo eReaders, you'll need to download a file and transfer it to your device. Follow the detailed Help Center instructions to transfer the files to supported eReaders.