Uit die donker

· Penguin Random House South Africa
5.0
1 review
Ebook
304
Pages
Eligible

About this ebook

Die ding lyk geheel en al anders noudat dit in die ope is, noudat dit in die lig is. Ian Strydom het twee gesinne: Madelein en driejarige Liam vir wie hy soveel tyd moontlik steel, en Henriette en sy ouer kinders wat hom al minder nodig het. Henriette vermoed haar man het ’n verhouding, maar wil dit nie aan haarself erken dat haar prentjiegesin aan die verbrokkel is nie. Haar geluk draai om dié lewe wat sy deur soveel jare opgebou het, en waarvoor sy so baie prysgegee het. Madelein, aan die ander kant, is bewus van Ian se vrou en kinders. Haar verhouding met Ian was aanvanklik slegs platonies, maar nou besef sy dat sy te vas aan hom gegroei het. En klein Liam begin vrae vra oor sy pappa wat bykans nooit by die huis slaap nie. Veel langer sal sy nie ’n leuen kan lewe nie. Wanneer een van Ian se ouer kinders hom toevallig saam met sy tweede gesin sien, kan Ian nie langer die onafwendbare besluit wat hy moet neem uitstel nie. ’n Besluit wat nie net ’n omwenteling in sy eie lewe gaan bring nie, maar ook in die lewens van al die mense wat hy liefhet.

Ratings and reviews

5.0
1 review

About the author

As jong tuisblyma het Santie van der Merwe ’n paar kortverhale in tydskrifte gepubliseer. Toe haar jongste kind universiteit toe is, het sy vir die Bloemfonteinse Skrywersvereniging se jaarlikse skryfwedstryd ingeskryf en het tweede prys vir haar kortverhaal, “’n Dag in Junie” gewen. Dit was haar motivering om haar hand aan ’n roman te waag. Sy het intussen sewe romans geskryf, waarvan Gelyke kans en Anderkant vergeet albei finaliste was vir die ATKV-Woordveertjie vir Liefdesromans.

Rate this ebook

Tell us what you think.

Reading information

Smartphones and tablets
Install the Google Play Books app for Android and iPad/iPhone. It syncs automatically with your account and allows you to read online or offline wherever you are.
Laptops and computers
You can listen to audiobooks purchased on Google Play using your computer's web browser.
eReaders and other devices
To read on e-ink devices like Kobo eReaders, you'll need to download a file and transfer it to your device. Follow the detailed Help Center instructions to transfer the files to supported eReaders.