Belle, met die hart vol blomme

· Penguin Random House South Africa
5.0
1 review
Ebook
192
Pages
Eligible

About this ebook

Izabel Blomerus, oftewel Belle, eienares van ’n blommewinkel in Potchefstroom, stoei nie net met die trauma van ’n dronk pa wat haar as kind verwerp het nie, maar ook met ’n eggenoot wat haar vir haar beste vriendin verlaat het. Haar romantiese hart glo egter steeds dat die liefde wel bestaan.Haar blomme en drome om eendag haar eie blommeplaas te besit, hou haar gefokus en siel bymekaar. Toe sy tydens haar eks se verlowingspartytjie ’n semi-ineenstorting beleef, kom ’n wildvreemdeling tot haar redding; een met smeulende oë en ’n diep lag wat haar wys ’n mens kán weer opstaan. Killian Potgieter stoei egter innerlik met sy eie seer wat baie ooreenstem met dié van Belle. Ongelukkig is hy ook die een wat al die snellers van haar traumatiese verlede een vir een laat afgaan en haar hartseer laat toeneem.Moet sy nie liewer iemand vermy wat negatiewe emosies in haar ontlok nie? Of is die liefde sterk genoeg om die seer te genees en nuwe drome lewe te gee?

Ratings and reviews

5.0
1 review

About the author

René van Zyl is ’n oudjoernalis, skrywer en blogger wat teen die hange van die Magaliesberg in Hartbeespoort vir haar ’n nessie uitgegrawe het. Sy geniet dit veral om plaaslike gemeenskapsmusiek-blyspele te skryf en op die planke te bring. Haar buite-die-boks man, twee dogters en seun is die groot liefdes in haar lewe en ook haar grootste inspirasie. Haar oudste seun is verstandelik gestremd en die lewe saam met hom het haar geleer om daaglikse uitdagings met genoegsame humor aan te pak. Sy glo onwrikbaar in die liefde en gelukkige eindes.

Rate this ebook

Tell us what you think.

Reading information

Smartphones and tablets
Install the Google Play Books app for Android and iPad/iPhone. It syncs automatically with your account and allows you to read online or offline wherever you are.
Laptops and computers
You can listen to audiobooks purchased on Google Play using your computer's web browser.
eReaders and other devices
To read on e-ink devices like Kobo eReaders, you'll need to download a file and transfer it to your device. Follow the detailed Help Center instructions to transfer the files to supported eReaders.