Jaco Jacobs is die gewilde skrywer van talle bekroonde topverkoperboeke vir kleuters, kinders en tieners. Sy skryfwerk wissel van prettige kinderrympies tot spokerige grilstories, van vermaaklike feiteboeke tot lekker skaterlagstories. Hy het reeds meer as 15 boeke die lig laat sien, en meer as 1.2 miljoen kopieë van sy boeke is verkoop.